spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer
moodcaps moodcaps moodcaps spacer
general info product info background distributors natustat free assessment informal trial email us spacer
patrick holford patrick holford
latest news
 
contact details

moodcaps

informal trial
informal  trial
Verbruikers Inligtingvoubiljet

SAMESTELLING
Formule SO7 bevat:
Piridoksien HCL (VitB6), Ca Fosfaat, Foliensuur, Mg oksied, Mg Stearaat, Metionine en Betaine, 'n pro-aanvullende samestelling, wat dien as 'n metieldonateur ensiem. Dit is bygevoeg om die werking van die formule te bevorder en dra verder by tot die sinergistiese effek van die unieke produk.
Die formule in die geheel lewer resultate wat ooreenstem met 'n beraamde 200mg SAM-e per kapsule*. Die daaglikse hoeveelheid benodig as hulpmiddel tot emosionele gesondheid is 400mg.
* Bevat geen sintetiese S-Adenosielmetionien.


INDIKASIES
As dieët aanvulling vir emosionele en lewer welsyn.

TEENAANWYSING
1) Bi-polêre/manies depressiewe pasiënte. Die produk mag die maniese fase vererger.
2) Onbehandelde epileptiese pasiënte. 'n Epileptiese aanval mag gepresipiteer word. Moodcaps is wel veilig vir die pasiënte wta reeds gestabiliseer is op anti-epileptiese medikasie. Tog is dit 'n vereiste dat hulle 'n gesondheidsorgpraktisyn nader vir verdere advies.

DOSIS
Een kapsule soggens en een in die middag op 'n leë maag, waar moontlik 'n halfuur voor maaltye (vir beter absorpsie). Vir die beste resultate gebruik Moodcaps gereëld sonder onderbrekings.

NEWE-EFFEKTE EN SPESIALE VOORSORGMAATREËLS
Geen bekende newe-effekte nie. Staak die middel indien enige onvoorsiene newe-effekte ervaar word. Alhoewel Moodcaps ideaal tydens swangerskap en borsvoeding is, raad-pleeg u mediese of verpleegkundige adviseur met betrekking tot gebruik van Moodcaps.
Pernisieuse anemie lyers (tekort van VitB12) sien Engels asb.


BERGINGSAANWYSINGS
Bewaar onder 25 grade Celsius in geslote houer. Hou buite bereik van kinders.

ALGEMENE INLIGTING
VIT.B12, Foliensuur en Vit.B6 en goeie vlakke van SAM-e word in die natuur benodig om te verhoed dat Homosisteien vlakke in die liggaam te hoog styg. Homosisteien is 'n toksiese aminosuur wat onstaan as 'n afbraak produk van Aminosuur Metabolisme in die liggaam. Die aminosuur beskadig die endoteëlvoering van die bloedvate wat weereens kan lei tot die ophou van plaak in die arteries en sodoende verantwoordelikheid kan dra vir hartaanvalle en beroertes.
Betaine, is 'n bykomstige, nie-essensiële voedingstof wat onstaan uit vis, beet en peulvrugte en wat 'n onafhanklike beherende invloed op Homosisteien vlakke in die liggaam uitvoer. Dit word ook na verwys as 'n "Lipotropiese faktor" as gevolg van die hulp wat dit aan die lewer se vet-prodiseerende funksie verleen.
Die hoogste konsentrasie van SAM-e is in die lewer wat ook die hoogste konsentrasie van die liggaam se "Hoof antioksidant" Glutation besit. Glutation vlakke word verbeter deur goeie vlakke van SAM-e. Dit verduidelik sodoende die gunstige rol van SAM-e; in virus-hepatitis lewerskade, asook in alkohol-verwante en verslawingsmiddels misbruik lewerskade. **
Kliniese observasies dui aan dat Moodcaps die voorspeldegunstige effek van SAM-e naboots.

BELANGRIKE BRONNE VAN DIE ESSENTIËLE ELEMENTE BENODIG VIR SAM-e PRODUKSIE IN DIE LIGGAAM:
1. Vit. B12: word verkry vanaf vleis, dierlike eiwit-produkte en peulvrugte.
2. Foliensuur: vanaf groenblaargroente, droë gis, lewer en sampioene.
3. Vit. B6: vis, volgraan grane, orgaan vleis, lewer en droë gis.
4. Methionine: hoë eiwit voedsel, vleis en vis.
5. Magnesium soute:
Groenblaargroente, neute, volgraan voedsel, asook suiwel, hoender, vis, vleis & water.
6. Kalsium en fosfate: Suiwel, rooi vleis, vis, hoender, sommige groenblaargroente en sommige neute a.o.


**"Stop Depression Now", Dr Richard Brown, Putnam. Pg 67-8, 225-8. ISBN 0-399-14530-30.

NAPPI-KODE: 874558018

Copyright © 2006, All Rights Reserved.

 
informal  trial